2016_Marlise_le_Roux_Web.jpg

Suid Afrika as n land van kontraste bly my inspireer. Archbishop DesmondTutu het ons n reenboog nasie genoem en selfs in Suid Afrika se landskappeis dit duidelik. Die tapesterie van die Suid Afrikaanse landskap wordgevorm deur die jukstaponering van soveel elemente wat elk n eie storievertel. Ek gebruik graag kleur om my storie te vertel: Met warm kleure wat geassosieer word met vuur en son, skilder ek graagherfs wingerde, n son wat sak oor n verlate plaashuis, n woud wat amperbrand van kleur in die laaste sonstrale van die dag. Vir my is ditverteenwoordigend van passie, opgewondenheid , mag, groei en sterk emosie. Koeler kleure te vinde in waterstrome, misterieuse woude en die oomblikvoor die son die laaste kleur saam met hom vat oor die horison los nsuggestie van kalmte, vrede balans en harmonie. . In my landskappe probeer ek hierdie passievolle emosies uitbeeld wat diediverse Suid Afrikaanse landskap in mens wakkermaak.